Vloermoer in die vreemde

Jou weerstand breek my stille hoop

Jou woede kreukel my liefde

Jou verset verblind my geloof

Jou yster wil kraak my geduldige gebed

 

Ek wil jou vashou, wil verstaan

waaroor jou angs en uitbarsting gaan

Ek wil jou koester, wil jou troos

maar jy laat my selfbeeld nietig en broos

Ek wil jou teen my bors vasdruk

jou rustig maak en laat rus

Jy stoot my egter weg

weier dat ek jou naby my kan sus

 

Wees rustig my kind, vind vrede

Wees sag my kind, word stil

Wees gevul met liefde my kind, voel veilig

Haal asem… maak toe jou oë

Haal asem… buig jou hoof

Haal

net

asem

 

Advertisements

One thought on “Vloermoer in die vreemde

  1. Met hierdie praat jy nie net nie jy PRAAT met my hart en jy sê die woorde wat my mond nie kan nie.

    Ek het ‘n weerstand-verset-halfvol-min vertroue-sagte hart kind. Die laaste vers is my hoop vir hom en die beat van my lewe…Haal Net Asem!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s