Tannie Margaret

Die hemel hoor my, ek is nie perfek nie. Ek maak foute, elke dag. Ek eet verkeerd, vloek te veel en ek is dikwels ongeduldig met my kinders. Ek drink te min water, kleur nie tussen die lyne in nie en ek ken nie al die woorde van die volkslied nie. Sommige van my skoonfamilie reken ek is verkeerd om nie vir die Blou Bulle te skree nie, terwyl ander my klassifiseer as volksverraaier oor ek Suid-Afrika vir die woestyn verruil het. Ek luister nie na gospelmusiek nie, lees nie weekliks die Huisgenoot nie en ek dra soms bruin skoene saam met ‘n swart belt. Ek skei nie altyd my wasgoed volgens die regte kleure nie, skrop my nie-plak-potte met tawwe skuurders en ek het nog nie een episode van Game of Thrones gekyk nie.

Goed, so ek het nog nooit bedrog gepleeg, iemand vermoor of ‘n foto van my verbode vrug vir die hokkie-ouers gestuur nie, maar dit beteken nie ek het die reg om in ‘n glashuis staan en klippe gooi nie.

Ek weet nie wat tannie Margaret besiel het om daardie betrokke foto te neem nie. Ek verstaan nie hoekom sy besluit het om dit te stuur sonder om tien keer seker te maak na WIE sy dit stuur nie. Al wat ek weet, is dat sy vanaand ten volle bewus is van haar fout. En skielik is die hele Suid-Afrika slaggereed om haar op die wreedste moontlike maniere daaraan te herinner.

Maak dit saak hoekom sy die foto geneem het? Ek het al ‘n stoute foto of twee aan my man gestuur… dalk nie heeltemal sò grafies nie, maar tog gee dit ‘n ekstra kinkel in die huwelikskabel. Die suurgesigte, hoogheiliges, hipokrate, geskeides, verkuldes en advokate van die lewe staan vingerwysend en kritiseer, sonder om te dink aan die balke in eie oog. Om die foto te neem, was dus nie ‘n misstap nie.

Dis met die stuur van die foto waar die fout begaan is. Fout. Nie doelbewuste skending van hokkie-ouers se korneas nie. Nie opsetlike verspreiding van volslae volwasse vermaak aan die gemeenskap nie. Die versending was net dit: ‘n fout. Een wat dreig om ‘n familie te verwoes. Selfbeelde word verkrummel, kinders word verneder, ‘n huwelik word tot op breekpunt gespan, depressie neem stelling in… en dit alles as gevolg van een fout.

 

As ‘n dwelmverslaafde die eerste foutiewe snuif neem, probeer mense hom help. Kriminele word gerehabiliteer. Moordenaars ontvang terapie. Maar nou neem ons deel in die afbreek van ‘n gesin oor een Mamma ‘n fout gemaak het. Natuurlik is ek dankbaar die glips het my nie oorgekom nie. Natuurlik giggel ek oor die hele situasie. Maar in my stilste oomblik dink ek aan tannie Margaret vanaand. En ek stuur vir haar ‘n denkbeeldige bos blomme, ‘n paar engelvlerke en ‘n skild uit harde velle gevleg, want as alle grappies op ‘n stokkie is, was net EEN fout hare en die res eintlik ons s’n.

 

 

 

Advertisements

25 thoughts on “Tannie Margaret

  1. Nie eer met my gewone digitale kamera sal ek so ‘n foto neem nie.

    ONTHOU ASB DAAR IS GEEN ELEKTRONIESE SEKURITEITSTELSEL WAARBY DIT ONMOONTLIK IS OM IN TE BREEK

    So ‘n ruk terug het een van die maatskappye eksperimente gedoen
    Data op hardeskyf is 5 keer uitgewis die skyf is drie keer nuut formateer en 7 verskillende spesialisprogramme is probeer om die skyf “skoon” te maak

    Resultaat !!! 30% van die inligting kon daarna herwin word.

  2. Voel jammer dat een persoon se soeke na sensasie i gesin se lewens verwoes het.
    “Juffrou” wat die foto publiek gaan maak het – dalk moet jy i paar tips by Margarate vang dan hou jou man dalk op rondkyk..
    Shame on u…….

  3. Die heks wat die foto laat uitlek het is die een wat gestenig moet word, vals, witgepleisterde graf, sy is seker een van daai preutse, sex deprived feekse!!!! Salut vir margaret!!!!

  4. Margaret het niks verkeerd gedoen behalwe om hom per ongeluk na verkeerde nommer te stuur nie EN DIT IS EK SEKER HET AL MET 99% VAN ONS GEBEUR. Wat my betref is dit die een op daai whatsup groep wat hom begin versprei het wat GENAME EN SHAME EN GESTEUNIG MOET WORD.

  5. Die reaksie van ons mede burgers is snaakser as die daad van die arme vrou. Sy het geen wet oortree nie inderdaad is sy vir ons n voorbeeld van hoe om ons mans gelukkig te hou. Ek is tog nuuskierig oor wie die persoon is wat die foto laat lek het buite die hokkie span. Ek dink daar kan n paar dinge gese word oor haar. Om iemand anders so te verneder is nie perongeluk nie dis sies en jammer.

  6. Wil net se, dit was ‘n gruwelike fout, een wat,danksy ons internet-deurstrengelde lewe, nooit gaan “disappear” nie. Ek dink die “hokkie-mammas” in die hele saga Dra ook skuld. Glo my, wil beslis ook nie so foto van random vrou se privaat dele ontvang nie, maar wat van vroue wat laer trek om mekaar? Wat se, hoor hier vrouens, ons delete almal die foto en stop die storie net hier. Maar nee, ons sal eerder ons vriendin aan nagmerrie blootstel want die verleentheid is te goed om vir oneself te hou. Skaam jou, mevrou wat besluit het on daai foto die wereld in te stuur in plaas van oproep maak en Margaret attent te maak op glips.

    • Dis so waar. Alhoewel Margharet dadelik haar fout besef het, het sy blykbaar dadelik omverskoning gevra en gesê dit was vir haar man bedoel. As enige van die “so called” vriendinne van die WhatsApp group integriteit gehad het, het Margharet se lewe net normaal voort gegaan. Maar die een wat dit versprei het, handhaaf beslis op hierdie oomblik ‘n baie lae profile. Sy sal nog kry wat haar toekom. Sy het baie skade aan gerig!

  7. So waar pragtig gestel. Hoop di familie staan saam haar asook vriende. Ons almal maak voute. Syt n glips gemaak ni n volksmoord gepleeg ni. Sterkte tanni Magriet (Big hug)

  8. “Wat haar besiel het om die foto teneem?”

    Sy is ‘n vrou- 1000! vir haar man!

    Sy is ‘n voorbeeld van speelsheid en “fun” saam met haar man.

    Dalk ‘n goeie ding wat gebeur het…vroue, julle moet kennis neem! Lewe, geniet jou lyf…geniet jou man!!

    • Pragtig,sy hou die dinge aan die go,gelukkige man. Margaret (my naamgenoot) jy is great,. Die ander het miskien groot sondes wat dit bekend gemaak het en jy het net gespeel.

      • Ek dink dat al hierdie mense daar buite wat alles snaaks vind, in stilte sit en wens “Ag as ek net soveel “sexy” in my huwelik kon hê!” Margharet, you go girl! I salute you.

    • Ek dink dat al hierdie mense daar buite wat alles snaaks vind, in stilte sit en wens “Ag as ek net soveel “sexy” in my huwelik kon hê!” Margharet, you go girl! I salute you.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s