Geagte me. Wiid

Geagte Me. Wiid

Dit is met ‘n swaar hart wat ek hierdie skrywe aan u rig vandag. Ek ken u nie. Ek is eerlik as ek skryf dat ek nog nooit enige van u boeke gekoop, enige van u damesoggende bygewoon het of enige van u kursusse voltooi het nie. U moet weet dat ek dus nie enige vooropgestelde idee oor u in my kop het nie.

Dit is ook belangrik om te weet dat ek nie juis ‘n kampvegter is nie. Nog nooit het ek vir dae lank in ‘n boom gaan nesskop om te keer dat ontwikkelaars hom plattrek nie. In die voorste rye van optogte vir vryheid het ek nog nie gedans nie.  Ek is nie gay, voorheen benadeel, snobisties, ryk of alomwetend nie. Ek skenk so elke nou en dan bloed, beskou myself as ‘n goeie lid van die samelewing en ek glo onwrikbaar in die “leef-en-laat-leef” filosofie.

Toe ek dus in stille luiheid deur Faceboek skuifel en ek in aanraking kom met u wreedheid wat in die naam van ‘n god versprei word, was ek stomgeskok van vrees. Ek noem dit wreedheid, want dit is emosionele mishandeling wat in my kop geboks moet word saam met verkragters. Ek verwys na ‘n god in die breë sin van ‘n opperste figuur, want die God wat ek ken, sal beslis nie in die naam van Sy liefde, sulke veroordelende woorde goedkeur nie. Ek ervaar vrees in stilte, want wat gaan aan in ‘n volwasse vrou se kop om sulke snert aan tieners te smous?

Me. Wiid, ek weet nie hoe u CV lyk nie. Ek weet nie wat u voorkennis is, waar u belange lê of hoe diep u ervaring strek nie, maar om aannames te maak oor hoe seksuele oriëntasie gevorm word… hoe kinders wat gemolesteer is gaan manifesteer… hoe bybelversies by u krom wêreld moet aanpas… dit is dinge wat dekades lank al deur duisende kundiges, wêreldwyd, ondersoek worden nog nooit kon ‘n klinklare oplossing of bewys gevind word nie. Dit bly bloot teorieë.

Ek is ‘n onderwyseres wat gesien het hoe homoseksuele kinders stry teen die natuur en wat hulle vertel word reg is. Ek is familie van mense wat self nie verstaan hoekom hulle anders dink en voel en ervaar nie. Ek is ‘n vriendin van vele wat wens vir die eenvoudige, “normale” uitweg. Die stryd om selfaanvaarding is vir ALMAL moeilik. Soveel te meer as jy buite die norm gedruk word deur hormone en dit in ‘n land waar konserwatiewe denke nog lank nie bevry is nie.

My brief is nie om u te oortuig wat enige god se idee en opinie is nie. Ek is nie ‘n god nie en sal dus nie weet nie. Wat ek wel weet is dat die menslike psige sagkuns hanteer behoort te word. Elke asem op aarde het die reg om met liefde, respek, geduld en eerbied  behandel te word. U hoef nie almal te aanvaar nie. U hoef nie die “moffies” te nooi vir ete nie. Maar u het ook nie nodig om hulle te verdoem tot ‘n hellevuur op u terme en voorwaardes nie. U hoef nie gays se seksgewoontes goed te keur nie. Maar u het ook nie nodig om die oorsaak van hul “toestand” te ondersoek nie. U hoef nie ‘n huweliksbevestiging waar te neem tussen twee vrouens wat mekaar onvoorwaardelik lief het nie. Maar u het ook nie nodig om tieners wat met hierdie kwessie stry, verder deurmekaar te praat nie. Die lewe is wreed genoeg. U het nie nodig om by te dra deur oordeel uit te spreek en minagtend te praat van iemand anders se kinders nie.

Miskien moet u, behalwe ‘n goeie redigeerder, ook ‘n bietjie balans gaan soek. Miskien, me. Wiid, moet u vanaand in die spieël gaan loer en seker maak wie vir u terugloer. Is u hart nie ook swaar nie? En dan wonder ek maar net, op watter rein kussing, in watter glashuis, u vanaand u perfekte koppie gaan neerlê? En ek wonder of u sag en rustig gaan slaap, met die wete dat daar vanaand so klein bietjie meer haat in die wêreld is, as gevolg van u woorde?

Me. Wiid, my beste wense vergesel u op die pad wat u nou moet stap. Mag u bevry word van die oordeelsjas. Mag die Groot Regter ook versagtende omstandighede in u saak toepas. En mag daar iemand wees wat vir u opkom: “vergewe haar, want sy weet nie wat sy doen nie.”

Die uwe.

 

66 thoughts on “Geagte me. Wiid

  1. Wat ek wel weet is God maak nie foute nie. Ons was almal perfek geskape, soos dit Sy wil is. Gays, lesbene, trans-mense, almal perfek. Miskien beter as elkeen effe meer behep is met sy eie heil, as om ander vas te spyker teen kruise.

  2. Ek het net ‘n paar kommentare gelees. Ek het nie die oorspronklike pos gesien waarna die blog verwys nie, maar vanuit die paar kommentare kry ek ‘n idee – van beide kante van die argument. My hart breek oor die moddergooiery teenoor mekaar, maak nie saak aan watter kant van die argument jy staan nie, want my hart is MENSE gedrewe – Skepsels van God. Ek ken verskeie mense wat gay is en ja, ek vind nie in die Woord van God enige grond om dit te regverdig nie, soos baie ander gewoonte sondes wat die samelewing as sosiaal aanvaarde gedrag aanvaar, terwyl die Woord van God eintlik nie sulke gedrag toelaat nie. Tog is dieselfde Woord van God baie duidelik oor ons hart en veral oor oordeel en dan nog die tong ook wat so ‘n euwel is wanneer dit verkeerd gebruik word. Wat vir my soos ‘n paal bo water staan, is dat GOD alle mense geskep het – perfek volgens Sy plan en doel vir elke mens op aarde. Die besluite wat ons neem, is ons saak teenoor God en met die dag van oordeel sal elkeen sy eie pakkie dra. Wie is ek of jy om ‘n ander te oordeel? Dis God se plek en die Woord spel dit baie duidelik so uit. Ja, as iemand my persoonlik gaan vra wat my opinie is oor die gay saak, gaan ek as Bedienaar van die Woord die enkele persoon antwoord op grond van hoe ek die Woord verstaan, maar met GEEN kritiek of oordeel in my hart nie. Voor God is daar geen sonde groot of klein nie en niks wat verhewe bo die ander is nie, BEHALWE sonde teen Heilige Gees wat pertinent uitgesonder word as iets wat nie vergewe sal word nie. Die Woord is duidelik daaroor. So, as iemand my opinie vra oor die onderwerp, is my plig om daardie persoon in dieselfde gesindheid te antwoord as ‘n vraag oor leuens, diefstal, ontduiking van die Ontvanger, oortreding van spoed, saam bly, seks voor die huwelik, rasisme, ens. Die Woord is duidelik dat ons ALLE mense moet liefhê soos onsself. Indien ek myself hoër ag as iemand anders, is dit hoogmoed en die Woord draai ook nie doekies om oor ‘n hoogmoedige hartsgesindheid nie. DUS, liefde (teenoor alle mense) is my opdrag terwyl oordeel aan God behoort!

  3. In plaas van kyk wat ander verkeerd doen, doen introspeksie. Maak reg wat jy self verkeerd doen en bou aan jou verhouding met God, dan sal jy na ander mense deur God se oe kyk.

  4. Geen wonder ons volk kan nie saamstaan. Gaan lees julle kommentaar weer. Julle veroordeel mekaar oor en oor. Julle opinies is net dit… jou opinie. Julle sê mekaar sleg, nou wonder julle hoekom dit gaan soos dit gaan. Julle het nie een goeie woord teenoor mekaar te sê nie en dit oor iemand anders (Gretha Wiid) se opinie. Dis jammer want wanneer iemand so optree moet jy eerder vir hulle bid dat God hulle harte moet verander. God haat nie die persoon wat sondig nie, hy haat die sonde. Ek gee nie om wat julle opinies is nie, maar wanneer julle so optree, maak dit julle niks beter nie. Geseënde dag vir julle almal.

  5. Hier is almal skuldig, die een veroordeel die ander oor en oor. Wat het geword van die belangrikste “liefde”. Ons as mens kan dit eenvoudig nie meer wys teenoor n ander nie en veroordeel net.

  6. Ek is so verlig om te sien dat nog mense soos ek voel! Ekt al begin dink die hele Afrikaanse geloofsgemeenskap bewonder Gretha en dat ek die enigste een is wat my oë rol en op my onderlip byt! Dankie vir ‘n puik stukkie waagmoedige woordkuns! Ek is summier ‘n volgeling van jou blog!

  7. Ek is baie jammer maar hierdie Me. Wiid het so ‘n paar harde klappe nodig. Jy dame (en ek probeer nou so ordentlik wees as wat ek kan, want binne my gemoed kook dit op die oomblik) is niks anders as ‘n false profeet wat God se naam gebruik om jouself bo ander te hef nie. As mens net na jou foto kyk kan mens sien hoe ongelukkig jy is met jou eie voorkoms. Dis make-up vir ‘n vale en haarkleur op haarkleur om jouself beter te laat lyk. Wanneer het jy dan besluit dat hoe God jou geskape het nie genoeg is nie? Jou kleredrag alreeds is ‘n goeie bewys van hoe jy dink jy is die Alpha en die Omega met al daai ‘plastic jewelry’ wat hulself snoesig in daai adder boesem van jou probeer inwurg soos ‘n bloedsuier en net nie wil laat los nie. Ek neem seker aan jou Pa moes agter sulke tipe vroue aangehardloop het toe jy jonk was en jy nie sy liefde op ‘n behoorlike manier kon ervaar het nie? Jou Ma was ook seker ‘n regte Ma wat haar kinders elke dag versorg en gevoed het en net mooi niks vir haarself terug gehou het nie en juis daarom het jy uitgedraai soos ‘n plastiek mannekyn wat jouself vals moet voorhou net om raakgesien te kan word? Jou boek is vol van haat en onnoselheid en jy spoeg vuur in jou aanhitsing teenoor ‘n groepie mense waarvan jy ‘obviously’ niks weet nie. Ek neem ook aan (want dit is wat jy in jou boek doen sonder feite) dat jy die Sabat ook onteer deur gou gou Pick en Pay toe te hardloop vir jou tee saam met mevrou Dominee en dat jy klere dra van verskillende materiale? Jy onteer jou eie God en verdoem ander in dieselfde proses om jouself beter te laat voorkom en hulle na die ewige hel te probeer stuur. Jy, Me. Wiid, is die bloedvlek op God se wit kleed en nie die ‘moffies’ of ‘gays’ wat jy probeer aanval nie. Onthou net, dis nie gays wat die huwelik laat verbrokkel nie, dis die straights. Dis die gays wat kinders aanneem omdat die straights hulle weggooi. Dis ook seer sekerlik ‘n Gay persoon wat jou klere ge-design het en jou hare ge-highlight het, maar ek sal nie weet nie, ek neem maar net sullke dinge aan soos wat jy in jou boek doen. Ek raak ook hoogs de-**** in wanneer Christene uit hulle diepste harte vir mense sê hulle haat nie die sondaar nie maar net sy/haar dade…..hoe blerrie pateties. Geen gay persoon kies daai pad om te loop nie. Genade, watter persoon sal so iets doen as hy/sy weet hoe hulle veroordeel gaan word deur julle klip Christene? Onthou net een ding, as ‘n man van amper 50, het baie mense al klippe na my kant toe geslinger en instede daarvan om jou terug te gooi het ek daai klippe gebruik en vir my ‘n pragtige huis gebou, so gooi maar nog, ek is juis besig om ‘n kerk ook te bou en het al daai klippe nodig en in daai kerk sal jou haatspraak nie geduld word, dit kan ek jou belowe! Net voor ek gaan, onthou net al daai ‘plastic’ aanvullings wat jy gebruik om jouself beter te laat voel gaan eerste smelt sodra jy vir Lucifer gaan begin oonde stook.

    • Sodomietie(n baie gepaste naam vir gays) gan virewig in die hel brand as hulle nie hulle sondige lewensKEUSE virander nie.

      • Wie gee vir jou die reg om te oordeel? As ‘n geliefde van jou gay is, gaan jy hulle weg wys? Gaan jy hulle uit jou lewe verwyder? Mense is altyd maklik om te oordeel, haal liewer die balk uit jou eie oog uit.

      • Anoniem

        Jou taalgebruik is sprekend van jou denkwyse. En dit is nogal anoniem. Gay mense bestaan en is nie imaginêr soos een of ander god nie. Ek verstaan nie hoe mense so kan oordeel oor mense wat niks aan hulle doen en bydrae tot die samelewing nie. Gaan aan met jou anonieme lewe en los mense uit wat anders dink as jy.

      • Werklik my.mensie het God net vir jou sondes gesterf???? Mmmmmm neee as jy vloek.rook of drink.of lieg of haat is dit dieselle.sonde as homosexialiteit.sory but true…..julle glo.nog in die wet wat God weggevat het deur sy kruisdood…..aijaija….ne oel.jy gan nie alleen hemel toe soos die.jehovas dink nie….ons al.mal.gan wat in God drie enig glo…..ai julle wed liefhebbers

      • Mense wat Afrikaans spel soos jy, gaan vir seker ook hel toe saam met nog n hele paar ander mense, van wie die seksuele voorkeure glad nie gaan saak maak nie. God oordeel oor elkeen, maar onthou, Sy genade is ook vir elkeen. Maar ek sien die hel speel n veel groter rol in.jou lewe as die hemel. Dit is ongelukkig ook ‘n lewenskeuse!! Sterkte vir jou.

      • En jy dink jy gaan hemel toe? Jy wat ander veroordeel? Jy is net so sondig soos die res van ons.

      • Jy is reg, hulle is sodomiete en ek weet nou nie eintlik wat met hulle gaan gebeur nie. Wat ek wel weet is dat die Bybel het nog nooit een sonde meer as ‘n ander geag nie, sonde is sonde. As jy iemand veroordeel oor sy “tattoo” en jy het gate in jou ore – dit word as dieselfde ding gesien…jy weet daai ding wat almal so voor jou aangesig gooi…jy mag nie jou liggaam skend nie want dit is die tempel van God…o ja en moet nie vergeet as jy rook nie….waar daar ‘n rokie trek..
        As jy oorgewig is dan is jy besig om ‘n sonde te doen wat meer in die Bybel genoem word as sodomie………………..klippe mense…klippe….tel maar op en kyk of jy kan gooi.
        Hoekom gaan doen jy nie eerder navorsing oor die ou Testament nie en die geskiedenis van die Joodse volk nie. In Jesus se tyd het hulle mense wat die Woord van God verdraai het en teen Jesus se Woord gegaan het Fariseers genoem. Jy weet dis die mense wat nou die Bybel letterlik vertaal het…………hulle is vandag nog met ons en is besig om God se volk met hulle verpletterende woorde te stenig.

    • Ek het baaaaja gay vriende en ek.lovv lovvv. Hulle…my beste pelle……en meeate van bulle.die sexiesy manne…jaaaa hulle gan baja beslis jemel.toe…soos alle ander wedergeborwne

    • Dalk moet jy en die uwe wat die brief geskryf het haar video gaan kyk waar sy verduidelik wat sy geskryf het. Die boek gaan juis daaroor om nie gay mense te verwerp nie, haar eie broer is gay. Mense wil net alewig klippe gooi sonder om die moeite te doen om te verstaan…SIES MAN!!!!!

  8. Stem saam met Rika. Die Woord is baie duidelik oor reg en verkeerd. Net mense wat nie kan onderskei nie, wil vir Gretha oordeel. Haar hart toe sy daai woorde geskryf het, was nie veroordelend nie. Daar os inelkgeval meer as genoeg sielkundige bewyse om haar woorde te staaf. Ek weet, ek het dit self geswot en ondersoek.

    • Ek het ook sielkunde geswot en wat jy sê is so ver verwyderd van die waarheid. Die woord wat jy aanhang is so verouderd dat meer en meer mense besef dis geskryf deur dieselfde tipe mense soos jouself en Me. Wiid. Daai woord waarvan jy praat is mens gemaak en selfs God sal sy kop in skaamte sak om te sien hoe betwyfel julle sy skepping. Sies man.

    • Sielkunde…vrou waar wil jy wees ons is besig met God en genade nie met sielkundiges nie…..a neeeeee a…jy klink so werelds en glo in wetenskap😮😮😮😮

    • Gan kak in n visblik man sy moet president word
      En ek hoop sodra ons n Christen regering in sa kry maak hulle dit onwettig om gay lesbeen of transeksueel te wees

      • Sies is jy een van ghreta se mense wat so vloek…onthou sy like die wet jy gan hel toe as jy vloek….sondes word mos geoordeel…stop jou vloekery

      • My liewe genaaaaade. Anoniem, jy besef wel dat ons nie ‘n Christelike regering kan hê nie, want geloof en wetgewing kan nie met mekaar vergelyk word nie.
        Daar is sooooooo baie mense in die wêreld wat nie in ons God glo nie. En om iemand te forseer om hulle geloof af te skryf en joune te volg is ‘n verskriklike ding!
        Hoe sou jy voel as iemand dit met jou geloof probeer doen het??
        Om n gay mens te wees is net so normaal soos om ‘n straight mens te wees.
        As jy nie van gay huwelike hou nie, moenie in een tree nie. Maar moet asb nie die Bybel gebruik as ‘n baksteen om iemand me dood te slaan wat nie doen waarvan jy hou nie.
        Love and let love. Live and let live.
        Love is love en dis pragtig!

  9. Op die brief van Chantelle de Wet, kan ek ook maar net sê “Amen” – ek stem volmondig saam met die inhoud van haar skrywe.

  10. Die bekaanval op ander “SOORT” is ‘n ou en deursigtige metode om ons eie foute en tekortkominge weg te steek.

    Kies ‘n groep waarvan die meeste menste min of niks weet of verstaan. Val hulle so hard moontlik aan en gebruik die obskuurste teoriê en aanhalings as as bewyse..

    Kom BULLER / HITLER kom ons stop hul in kampe sonder voldoende voeding en sanitasie en vergas of skiet soveel as moontlik. Ons kan later ‘n sondebok soek en als op hom blameer

    .

    • Wonder net hoekom Die Skepper dan nou so stupid was om mense met aparte en verskillende geslagsdele toe te rus van voor geboorte af.. Die mutasies wat dubbelle geslagsdele toegedeel is voor geboorte sou dalk die enigstes wees wat albei geslagte se sex-voordele kan geniet…
      Die res het so geword wat ook in die Bybel staan (- lees Deuternomium deeglik) en moet hulself en hul opvoeders (ouers ingesluit) en hul eie waardesisteme waarin elke mens a keuse het indringend ondersoek word.

      • Met jou sg wyse woorde kan daar dan ook gesê word hoekom het ons liewe Vader vir my kind bene gegee as Hy geweet het my kind dit nooit sou gebruik nie. My kind het cerebral palsy van geboorte af. Party goed sal ons nooit verstaan tot jy self in daai mens se skoene is nie. Tot dan of tot wanneer ons antwoorde het verkies ek om my mond te hou en mense met liefde en deernis te behandel.

      • S Rabie, mens kyk nie net stompsinnig teen die FISIESE verskeidenheid van geslagsdele vas nie.

        Ek neem aan jy besef daar is n ‘onsigbare’ verskeidenheid wat God geskep het, wat nie met die blote oog waarneembaar is nie.

        Elkeen van ons 7 biljoen aardlinge se brein, psige en chemiese samestelling is uniek.

        As daar lang mense, kortes, wittes, swartes en geles, blondes en rooikoppe kan wees en DIS aanvaarbaar, hoekom aanvaar ons nie die moontlikheid n verskeidenheid seksuele orientasies nie? Deur die eeue is dit onteensegbaar bewys deur die miljoene mense wat “anders” is.

        Natuurlik is God teen n los gehoereerdery, maar dit geld ook vir ‘straights’….

        Ek het n kleuterskool vir die afgelope 30 jaar. Dis so dikwels absoluut duidelik dat n kind se orientasie ‘anders’ is, so vroeg as op 3 jarige leeftyd, SONDER enige negatiewe omgewings invloede wat so dikwels beskou word as n faktor.

        Ons almal praat so graag van n liefdevolle God. Nou ja, as God die kind geskape het, WIE is ons om hoogheilig n konserwatiewe, wettiese vingertjie te wys?

        So n kind het juis meer liefde en ondersteuning nodig as ander kinders, weens argaise vooroordele.

        Wat n skande dat ‘n klomp bitterbek ‘gelowiges’ so graag n klip optel en dit as “onderrig” teen n weerlose, pragtige medemens se kop gooi.

        God het elke mens n sin van regverdigheid geskenk. Ek glo Hy het dit vir ons gegee om te gebruik met LIEFDE as die maatstaf, ook in hierdie situasie

        Is God so onregverdig dat Hy mense met n verskeidenheid orientasies sou skep en hulle dan Hel toe verdoem?

        Indien wel, baat dit my NIKS om enigsinds n Christen te wees nie…. ek sal NOOIT die pyp kan rook om aanvaar te word as Sy kind nie/ Want dan stuur die Bybel dubbele/vals boodskappe uit en ek sal ewiglik nooit die waarheid kan peil nie.

        En ek sal my beslis nie laat lei deur dames soos die Toespraakhouer en Boeskrywer wat nie kan aanvaar dat haar boetie uniek is nie.

    • Gan kak in n visblik man sy moet president word
      En ek hoop sodra ons n Christen regering in sa kry maak hulle dit onwettig om gay lesbeen of transeksueel te wees

    • Weet nie waaroor stry almal so nie want vir God van Isreal Koning van hemel en aarde is dit n gruwel dan is dit n gruwel dan is dit want God het die laaste sê.

  11. Pragtig gestel Chantelle, as n getroude gay man van reeds 10jaar en met ‘n ongelooflike dogterjie wat ons aangeneem kan ek beslis se dat dit die grootste klomp snert is wat ek in baie jare gelees het. Sy sal nooit besef watter seer sy kan veroorsaak en watter skade haar woorde kan he. My dogter is een van die mees gelukkigste kinders wat ek ken met so baie liefde. Dit is n kind wat elke dag as ek of my man haar by haar AGS skooltjie gaan haal in volle bors juig om ons tesien. Die Here het haar die gawe gegee om ‘n invloed tehe maar net jammer dat sy tedom is om dit teverstaan. Dit is vir ons nog daagliks moeilik omdat mense soos sy nie vrede kan maak met ons besluite. Wie gee haar die reg om my teveroordeel. My pa kom elke dag na my en spandeer elke aand n uur of twee by ons. Daar is n hegte band tussen hierdie pa, seun en skoonseun. Daar is geen verskil in die manier wat ons liefhet en of seerkry.

      • Hoe jammer dat in ons wêreld vandag, met al die kennis tot ons beskikking, mense nog steeds dink dat pedofiele en homoseksuele dieselfde is. Het jy al probeer uitvind hoeveel dogters en seuns deur hulle eie bloedpa’s (in heteroseksuele verhoudings) gemolesteer word?

      • Gelukkig is dit darem ons keuse gewees. Die God wat ek dien is lief vir almal van ons. Ek hoop dat jy jou denke kan verander en dat jy kindloos is want ek kry jou kinders baie jammer. Hopenlik is daar ander positiewe mense met verstand in hulle lewe anders as jy anoniem.

      • Jis maar jy het baie te sê oor goed waarvan jy duidelik niks weet nie. Lyk my jy is net lus vir “stir”. Niemand hier dink jy is slim nie.

    • Dis pragtig wanneer daar sulke mooi stories is oor pappas wat lief is vir hulle dogtertjie.
      Ek self is ‘n eierskenker en dit is belangrik dat mense wat so graag families wil hê, hulle kan kry.

      Anoniem, jy wat so op elke vervlakste post kom spring met jou oningeligte stupidgeid. Is besig om alle ingeligte mense ‘n flippen gat kramp te gee.
      Gaan sit asb en jou hoekie en judge mense in stilte. Sies man! As my ouma hier was het sy jou ‘n helse pak slae gegee en jou mond gewas met seep omdat jy nie respek het vir ander mense nie.
      Love is love!
      Live and let live. Love and let love!

    • Levitikus 18:24 gaan lees dit en 18:29 gaan lees dit ASB ek dink jul maak n bespotting van God dis vir Hom n gruwel was nog altyd sal altyd wees God het nie gese dis n gruwel mar ag my kind jitte jul so Lief vir mekaar so dis nou okey nie dis onatuurlik jul kan bid en kerk toe gaan tot jul pink is God is nie deel van jul “besluit” om “aners” Te wees nie

  12. Dis so hartseer dat sodra sonde sonde genoem word, mense die veroordeel jas wil uitpluk en vir ander wil aantrek terwyl hy reeds wapperend om jou eie skouers waai met hierdie skrywe. Greta veroordeel die dade..nie die mens. As jy in n huis is wat brand moet God met ñ hoofletter G se kinders stilbly want ons wil nie jou gevoelens seermaak nie?

  13. Ons kan seker verskil…God het Adam en Eva gemaak, toe was daar nog nie sonde nie. Ons moet onthou ons leef in die koninkryk van satan, nie in die hemel nie en God, die vader van Jesus, haat sonde. As ek as mens nie my sonde bely en vergifnis ontvang nie, is dit “tickets” Daarom is Jesus ons Regter, nie ons vyand nie.

      • Ek dank die Liewe Vader wat my van kleintyd reeds help, bystaan, lei en antwoorde/insig gee dat ek nie klippe heen en weer na ander moet gooi om my eie opinie te laat geld nie. Ek hoef Hom maar net te vra. En ja, ek was al in n situasie betrokke waar n gay man my probeer forseer het om betrokke te raak by n produksie wat “gay wees” vier en voor God regverdig. Ek wou hom nie aanvat daaroor nie toe bid ek eerder daaroor. Ek het gevra dat indien die rede vir produksie reg in Sy oë is Hy dit sal Seën en indien nie ook steeds sal Seën volgens Sy Wil want ek verstaan seker dan Sy Woord verkeerd dus soek ek Sy Insig.
        Op n dag het die man opgehou om my te kontak. 4 Maande het verby gegaan tot ek een van sy vriende raakgeloop het. Vra hom toe of die man sy produksie gedoen het? Hy sê toe nee, vertel my van al die teëspoed wat die man getref het, was so erg dat hy na n ander stad getrek het. Daai produksie het ook nie gebeur nie.
        Na daardie insig wat God my gegee het, het ek nie sommer weer die mens eerste geraadpleeg oor Sy Woord nie. Ek vra Hom eerste.
        Julle kommentare straal gedeeltelike insig uit en dis jammer want met meer kan ons n sterker Christelike volk wees.
        Ek wil nie elke kommentaar antwoord nie, maar wil vir elke Gay wat hier kommentaar gelewer het sê: jy vra dat ander julle uitlos? Los dan seblief God se Woord uit. Moenie vra dat sekere Skrywes verander of tot niet gemaak word nie. Leef jou lewe soos jy wil, maar as jy n kind van God wil wees, lees Sy “deurmekaar soveel keer oorgeskrewe met stertjies” Woord van begin tot einde sonder voorwaardes. Vra Hom oor dit wat jy nie verstaan nie of jou pla. En wag vir Hom om jou insig te gee.
        Ek het nie Gretha se stuk gelees nie maar indien sy net gewaarsku het oor wat God gesê het in Sy Woord oor homoseksualiteit en nie geoordeel het dat so n mens in die vuur moet brand of sal brand nie, is baie van julle in warm water oor julle terugvoer en ek bedoel nie dat dit by die mens is nie.
        Mooi dag vir julle

  14. Ja-Nee… dit is waansinnig om sulke goed kwyt te raak aan reeds stukkende mense in die Naam van God. Ek verstaan dit ook en ek sienmyself as ‘n toegewyde onperfekte Christen in die ware sin van die woord. Wat in verhouding met Jesus is. Ek sukkel om mense te oordeel veral omdat ek nie kom vanwaar hulle kom nie. Ek hou ook nie van mense wat dink hulle het al die antwoorde nie, en die dame laat my aan iemand dink wat al die antwoorde het ten koste van ‘n ander.

  15. Chantelle, ek stem met jou saam in absoluutheid. Ek het al oor die dame gelees – dit wat syself vertel het van haarself en haar huwelik … Sy waai maar so van die een uiterste na die volgende a.g.v haar eie gewete.

    • Ek kry werklik skaam vir mense soos jy anoniem. Jou lelike taalgebruik, jou krasheid en jou baie spelfoute en dan noem jy jouself n Christen. Hoeveel mense wil nie meer Christene wees nie oor mense soos jy. Jou gedrag maak my hartseer. Jy het n reg tot n opinie, maar sjoe…jou oordrag kort baie aandag! Loer bietjie na daardie drie vingers wat terugwys na jou toe terwyl jou mense so uitskel en beoordeel. Sien God se liefde ook bietjie raak, dit sal dalk jou hart sagter maak en jou tong stomp maak.

Lewer kommentaar op Christo Kanselleer antwoord