Monopoly

Om Monopoly te speel kan ure se plesier verskaf… maar daai “gaan tronk toe, skuif reguit tronk toe”-kaartjie het my al menige nagmerrie gegee. Waar is die reg en geregtigheid? Waar is die verhoor? Wie is die regter? En waar was my verteenwoordiging?

Eintlik is die wêreld ook maar nes hierdie speletjie: bitterlik onregverdig. Sekere mense eindig altyd op om die duurder eiendomme te koop, alhoewel almal skynlik ‘n ewe kans gegun word met die rol van ‘n dobbelsteen. Ons kry nie altyd die huise en hotelle wat ons wil hê nie en die “Gratis Parkering” is allesbehalwe konsekwent met die lone. Vat jy ‘n “kans” of uit die “gemeenskapskas” is daar ‘n 50/50 kans dat jy òf beboet òf beloon gaan word. Dan druis die woorde alte dikwels deur my kop: aan die wat het, sal gegee word.

Maar dis by die tronk waar my gedagtes vandag vashaak. Sien, hier waar ek my tans bevind, is dit hoogs onwettig om enige negatiewe kommentaar op sosiale media te publiseer. Niemand mag op die naam genoem word nie, geen maatskappy mag uitgesonder word nie en die land mag nie deur donker aanmerkings aangeHITS word nie. Ek sluk swaar aan die trane van woede, frustrasie en absolute onregverdigheid wat homself tot in my slukderm vind.

Werkgewers wat hul mense soos skurwe jakkalse behandel staan my nie aan nie. Soos die strykyster in Monopoly word geen probleem uitgestryk nie, maar daar word eenvoudig bo-oor probleme gesmelt. Dit hitte verniel soos Knysna-brande tot in jou siel en ek snak ongelowig na my asem as ek na die heks agter haar hoof-mantel staar. Soos ‘n vroulike hondjie het sy byna letterlik op ons personeel se vakansie kom urineer met haar rollende oë en afjakkende houding.

Ek staan voor die keuse: gaan ek toelaat dat die afgelope twee jaar se Monopoly my onder kry? Gaan ek daardie afskuwelike plek die mag en reg gee om my hele wese binne te dring en op te f…oeter? Gaan hulle my “tronk toe, reguit tronk toe” stuur waar ek vir die volgende nege weke gaan moet klippe kap om te kan ontsnap? Of gaan ek besef dat dit bloot ‘n speletjie was wat ek vandag verloor het. Maar net vandag. Ek het lesse geleer. Skelms sien woeker. Tirannie in aksie gesien. Intimidasie eerstehands ervaar. Ek stap weg van die skewe, gekraakte bordspel… ek neem afskeid van gekoopte stasies en belastingblokkies. Ek kyk nie terug nie, want ek is slimmer, sterker en reg vir die volgende rondte, waar niemand my weer gaan monopoliseer nie.

Advertisements

2 thoughts on “Monopoly

  1. En so kan sommige mense heel onwelkom onder mens se vel in kriewel en eiertjies le van bitterheid, onregverdigheid en onvanpastheid. Maar nes jou Monopoly speletje kan jy toelaat of daardie eiertjies gaan hatch, want immers bly dit tog onder Jou vel en net jy kan besluit wat daar mag en nie mag hatch nie. Vorder tot by Begin en vorder Gemoedsrus in. Gemoedsrus wat sy nie van jou kan ontneem nie. Dan gaan geniet jy jou lang verdiende vakansie👌

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s