Liewe Ashwin

Liewe Ashwin

Ek ken jou nie persoonlik nie, maar jy is nou al twee dae in my gedagtes. Die hele #SuperSportSage maak tot die nuus hier in die woestyn en jou optrede laat my dink aan keuses.

Sien Ashwin, destyds, toe jy genooi is om vir die Bokke te speel, was jy bewus van die feit dat jy ’n kwota-speler was. Net so bewus soos die duisende blanke seuns wat NIE gekies is nie, want hulle velle was te lig. Jy het gekies om JA te sê. Jy het gekies om die groen en goud te dra. En toe het jy bewys dat jy meer is as NET ’n kwota-speler. Jy was speler van die jaar, speler van die wedstryd en speler van die spelers. Jy het uitgestyg bo die etiket waarmee jy die span betree het, maar jy kan ongelukkig nie ontken dat die etiket wel bestaan nie.

Jy het gekies om vir Supersport te gaan werk. Jy het gekies om jou nie baie professioneel te gedra nie. Nou verstaan my nie verkeerd nie, ek dink ons almal was al skuldig daaraan om ons moere ordentlik te pluk. Ek het ’n video op Facebook gesien waar ’n vrou haarself so vervies in ’n koffiewinkel, dat sy letterlik die kelner met haar eie stoelgang gegooi het… nadat sy ’n bollie op die vloer, in die openbare oog gemaak het. Jou optrede nou die dag het my nogal hieraan laat dink. Jy het ook maar jou kak verloor. Ons almal doen soms. Ons almal doen dit dalk nie op televisie nie, maar steeds. Ek wonder wat die oorsaak hiervan was en ek sal my nie vir een oomblik laat wysmaak dat dit ’n enkele insident was nie.

’n Bekende koerant berig gister dat Nick Mallet jou met ’n pakkie tjips geterg het. Was dit Lays of Simba? En was Francois Pienaar ook betrokke? Of was die tjips maar net ’n onskuldige party in die oorlog tussen… was dit oud en jonk? Wit en swart? Humor en swak smaak? Hoekom was hierdie insident noemenswaardig? Gee ons die details Ashwin, dan kan ons mos kies of dit saak maak of nie.

Jy het egter nou ook ’n keuse. Jy kan die kwota-speler bly en die ras-kaart aanhou speel en moontlik wen. Naas en Nick kan die rooikaart kry en jy sal die een wees wat laaste lag. Maar van lekker lag, kom lekker huil, Ashwin. Ons land het nodig om te sien dat helde bo kleinlikhede kan uitstyg. In plaas daarvan om speelgoed rond te gooi soos stout kinders, moet ons om die tafel gaan sit en soos grootmense die ding kan uitpraat. Niemand is onskuldig nie, maar een ou alleen kan ook nie die blaam dra nie. Kies om nie vinger te wys nie, Ashwin. Kies om beter te wees, nie net vir jouself nie, maar vir al die opkomende kwota-spelers ook. Leer hulle hoe om ontslae te raak van die etiket. Sê jammer. Sê hoekom hulle moet jammer wees. Maar asseblief kies om beter te wees as die politieke slange wat onmin saai en haat kweek. Doen dit om jou ouers trots te maak. Doen dit in die naam van rugby. Doen dit omdat ek mooi vra. Asseblief, dink net voor jy kies… want selfs al was jy “net” ’n kwota-speler, kan jy vandag kies om veel meer te wees.

Groetnis

Chantelle

Advertisements

9 thoughts on “Liewe Ashwin

  1. Hierdie is tot dusver vir my die beste skrywe oor die hele Ashwin saga. Ek dink hy is heel moontlik te ver gedruk, maar ek dink ook hy moet nou uitstyg bo dit.

  2. Ons sal nooit wen want as jy wit is moet jy ALTYD EN VIR DIE RES VAN JOU LEWE om verskoning vra al het jy niks gedoen of aan deelgeneem nie! So weet julle wat Ashwin vlieg in jou peetjie in want jy is in my oe n papperd en n tjankbalie en n pisgat! Siestog ou mamma se ou seuntjie as jy saam met die groot honde wil uithang wel …..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s