Stella

Ek weet nie wat in ’n kind se kop gebeur voordat hy besluit om sy meisie en haar vriendin se suurstof te steel nie. Dat dit wreed, onnodig en hartverskeurend is, verstaan ek. Wat my egter bewend van vrees laat, is die mense wat slaggereed staan vir sosiale oorlog van reg en geregtigheid.  

Die onderwysers wat niks gedoen het nie… die ouers wat nie die tekens gesien het nie… die ma wat toegelaat het dat haar dogter alleen in die koshuis slaap… die pa wat nie meer betrokke was by sy seun se opvoeding nie… die vriende wat niks gesê het nie… die gemeenskap wat haat in plaas van ophef. En so tussen die blaamboksies wat heen en weer gegooi word; tussen die vingers wat soontoe en heentoe gewys word; tussen die oordeel wat alle kante toe gespoeg word; tussen dit alles staan treurende ouers. Ouers wat kinders aan die dood en die tronk moet afstaan. Ouers wat opgevreet word deur skuldgevoel en verdriet en hartseer en “wat as…” en nou nog gekonfronteer word met sosiale haatspraak en kruisverhore. 

Iemand vra: “Hoe siek het ons samelewing geword? Ek hoop hy vrek in die tronk.” 

Jip. Sò siek het ons samelewing geword dat ons dink dit is aanvaarbaar om die doodsvonnis oor iemand uit te spreek sonder enige feite of kennis van geestesversteuring of sekerheid van koelbloedigheid of hoop op rehabilitasie.  

Iemand skree: “WAT DE F&K GAAN AAN MET DIE JEUG VAN VANDAG? KRY VIR JOU BOETIE. KRY VIR JOU!!!”

 Jip. Kry vir jou ’n handvol haat en woede van die ouer generasies wat sonder begrip of insig nog klippe uit hul glashuise gooi. 

Iemand versprei: “Daai meisies het mos vir k#k gesoek om alleen in die koshuis te slaap. En daai laaitie sal kry wat hy verdien. God slaap nie.”

Jip. Want as ons slaap, vra ons eintlik almal om vermoor te word en dan kan alle vloek verskoon word as ons tog net ‘n god se naam daarby kan voeg.

 

Dis afgryslik. Die hele storie ruk my binnegoed. Ek dink aan die ouers wat hul dogter moet begrawe. Die woede en angs en weemoed waarmee hulle sal moet leef voor die wond gesond word. Die letsel sal bly. Ek dink aan die ouers wat nou, onwillekeurig, die reis van prokureurs en regters en media-waansin en onvoorwaardelike liefde moet onderneem. Ek dink aan ‘n jong man wat moet leef met bloed op sy hande. En ek dink aan ‘n samelewing wat verleer het om te simpatiseer, maar boelies en blaamwysers geword het. My hart is seer oor Stella. My hart bloei vir Suid-Afrika.

 

Advertisements

9 thoughts on “Stella

  1. Oorheersing van die eiereg. Jy kan nie iemand leer so iets is verkeerd nie.Jy kan kan let bevestig dat dit nie reg is nie.. Ek het myne probeer leer dat
    “Jy alleen kan besluit hoe jy voel en hoe jy jou gevoel gaan hanteer”

  2. Pyn maak ni saak hoe jy dit wil sien of sien nie. My hart gaan uit na almal betrokke.

    Mag God se genade oor die ouers en vriende vn di dogters wees en ook die ouers van die jongman.

    Ek wil vir niks geld in die wêreld die lewe van hierdie jongman hê ni

  3. Ek glo dat ons tans n siek samelewing het. NSamekewing wat ly aan depressie. En die media floreer op die negatiewe en help dit aan. Almal met kinders het groenkoring op die land maar mense miet hulle frustrasie op iemand uihaal. Daarom soms die haat, die oordeel, selfs die geweld. So hartseer

  4. Vir my is die reaksie van al die moddergooiers, ‘n openbaring van die siek gemoedstoestand van mense oor die algemeen. Ek lees nêrens meer kommentare op sosiale media nie, want dit stem my tot totale droefheid oor die onkunde, veroordeling, haat, vloekery, neerhalendheid en al die sg “kenners” wat deesdae orals galbraak en menings uitspreek in swak bewoorde taal!

  5. Soos gewoonlik, slaan jy die spyker op die kop. Ek is nou nie meer van die jongste nie, maar kan nie anders as om my kop in skaamte te laat sak vir my mede burgers van ons pragtige land nie. Sooo vinnig om klippe te gooi asof niemand van hulle nog iets verkeerd gedoen het nie.

  6. Ek stem 100% saam jou. Die hele storie is so verskriklik hartseer. Geen ouer maak hulle kinders groot om n moordenaar te wees nie en ook geen ouer moet hulle kinders aan die dood afstaan nie. Dit is 3 families wat deur n bitter moeilike tyd gaan. En ook om alles en almal te blameer of die “wat as” gaan nie die hartseer weg vat of die situasie beter maak nie. Sterkte vir al die ouers – ek kan my nie in dink wat hulle moet deur gaan nie

  7. Dis hartverskeurend.

    Ek praat dit nie goed nie, maar ek gooi eerder nie klippe nie. Ons almal maak ons kinders na die beste van ons vermoë groot en stuur hulle in die wye wereld in. Niemand soek aspris vir so iets nie.

    Ek bid vir almal wat betrokke is, selfs die seun.

    Ek dink dis skokkend om die goed te sien wat mense sy ma toesnou. Het die mense geen skaamte of respek nie? Of opvoeding?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s