Kopieër

Ek het altyd my oë kliphard gerol as mense na die “goeie ou dae” verwys. Tog hunker ek vandag na ‘n eenvoudiger tyd. ‘n Tyd voor sosiale media van goeie mense boewe gemaak het.

Sien, my skrywe van POEIERHOLLE (Kopiereg Chantelle De Wet) word nou weer wyd en Suid versprei, onder die name van vreemdelinge wat weet hoe om te “copy en paste” en duidelik nie weet wat kopiereg beteken nie. Nou sien ek dieselfde kopiekroek het ook van my ander skrywes (Kopiereg Chantelle De Wet) begin oorplant op haar muur. In haar tuin van onkruid, onkreatiwiteit en onlus.

Nou kyk, ek maak nie geld met enige Slaai of Blaar nie. Dis nie my brood en botter nie. Maar elke letter wat my sleutelbord kraam… elke woord wat sin word… elke sin wat groei tot ‘n paragraaf… hulle is my breinbabas (Kopiereg Chantelle De Wet). Alhoewel my breinbabas deur my vlerke gegun word en op gratis platvorms versprei word, dink ek tog daar is ‘n menslike behoefte aan erkenning. Ek vra nie dat iemand palmblare voor my neerlê nie. Ek vra nie dat iemand sy eersgebore vir my offer nie. Ek wil nie jou pinkode hê nie. Ek verwag nie komplimente of klieks nie. Maar ek het regtig gedink dit is net goeie maniere om darem die skrywer op die naam te noem as jy pittige idees wil deel (Kopiereg Chantelle De Wet).

 

Ek verstaan ons is nie almal ewe woordvaardig nie. Ek begryp dat ons nie almal ewe begaafd is met die pen nie. Ek knik my kop dat mense wel in die lekker van ons taal wil deel. Maar die hemel hoor my, is ons so gebreinspoel met die idee van populariteit dat ons nie eers die son oor iemand anders wil laat skyn nie? (Kopiereg Chantelle De Wet).

Ek verpes dat skrywers nou gedwing word om hul naam oral in die middel van skrywes in te druk, net sodat kopieërende-kakkoppe, darem woord vir woord self moet lees om my naam uit te vee, voor hulle die skrywe as hul eie deel.

 

Ek wil nie my tyd en energie mors nie. Ek wil net skryf. Vir die ontvlugting, vir die lekker en natuurlik voed dit my binneste as ek sien ander geniet my skrywes. Maar nes niemand dit as pret ervaar as jou selfoon uit jou handsak gevat word nie, net so geniet geen skrywer dit as sy woorde uit sy pen gesteel word nie.

Kopieër mensDOM. Kliek en kies en kopieër en plak na hartelus. Ek gaan nie jou vervolg soos een van die karakters in ‘n Deon Meyer roman nie. Ek gaan jou nie soek nie. Ek gaan nie ‘n komper-soldaat word wat my tyd verwyl om jou ‘n bloeiende aambei toe te wens nie. Ek styg uit bo jou onkreatiewe manier van leef. Ek lag saam my kinders, eet donker sjokolade en drink goeie wyn. Ek is gesond, gelukkig en geseënd. Al maak jy woord-aborsies van my breinbabas. Ek lewe dan maar in die goeie ou dae van “ignoreer die fokkers wat nie eers woorde kan verander nie”. Gaan in vrede. En mag jy die dag hê, wat jy verdien. (Kopiereg Chantelle DeWet)

Advertisements

6 thoughts on “Kopieër

  1. Jy moet daardie persoon by name noem, sodat ons daar kan inval en haar teregwys. Mense kom te maklik weg hiermee en die dae van terugstaan en politieke korrektheid moet regtig nou sneuwel.

  2. Ek voel saam met jou. ‘n Tydskrif het eenmaal n prentjie van my so gecopy en paste. Kon hulle nie maar erkenning gegee het nie- al is dit sommer my blognaam nie? Maar eintlik moes hulle toestemming gevra het( ek sou dit met graagte gegee het) maar hulle het nie, en ook nie die brief geantwoord wat ek vir hulle geskryf het nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s